Era van Perikles

Rekonstruksie van die Akropolis en Areopagus in Athene, deur Leo von Klenze, 1846

Die Goue Era is die benaming vir die historiese periode in klassieke Griekeland wat geduur het van min of meer die einde van die Persiese oorloë in 448 v.C. tot (volgens verskillende beskouings) die dood van Perikles in 429 v.C. of die einde van die Peloponnesiese oorlog in 404 v.C.. Perikles was 'n Atheense generaal, politikus en redenaar wat hom onderskei het onder sy uitnemende tydgenote, mense wat uitgemunt het in politiek, filosofie, argitektuur, beeldhoukuns, geskiedenis en literatuur. Hy het die kunste en literatuur aangemoedig en 'n glansrykheid aan Athene verskaf wat dit nooit in die latere geskiedenis sou ewenaar nie. Hy het 'n groot getal publieke werke van stapel gestuur en die lewenskwaliteit van die burgers verbeter. Daarom word die naam van die goue era van Athene ontleen aan hierdie belangrike figuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search